Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " See-sonnet " deur THEO WASSENAAR
" See-sonnet " deur THEO WASSENAAR [boodskap #74125] Sat, 01 March 2003 13:28
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Theo Wassenaar
See-Sonnet

O magtige oseaan, jy wydgestrekte,
Omsirkel deur die ongemetenheid,
Diep in jou boesem rus die onontdekte;
Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd.

O nooitvermoeide see wat immer-woelend,
Getye reël na gange van die maan
En op die storm se stem onstuimig spoelend,
Jou branders op die rotse stukkend slaan!

O eew'ge deining van die Grote en Magt'ge!
So dein die breed sterk stroom van volle lewe
In my klein hart. Ek nietigste kristal,
Ek mag ook speel met glans van die ewig-pragt'ge.
Die skepping het ook my sy doel gegewe:
Een polsslag in die ritme van die Heelal!
Vorige onderwerp: Begrotingsrede
Volgende onderwerp: Bob se verjaardag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 09 18:10:31 UTC 2025